NvC
sunflower
corn
grain
apple

Die Span



Cobus Burger
Besturende Direkteur
DSC00325

Cobus Burger, besturende direkteur van NviroCrop, het in 1991 'n BSc(Agric)-graad behaal, met hoofvakke grondkunde, agronomie en landbou-ingenieurswese. Daarna begin hy sy eie grond-klassifikasiebesigheid wat hy vir vier jaar suksesvol bedryf het. Hy werk daarna vir 12 jaar in 'n groot kunsmismaatskappy as senior landboukundige en bestuurder van presisieboerdery. Hy is reeds vir meer as 20 jaar intensief betrokke by grondkunde, akkerbou en presisieboerdery in verskeie Afrika-lande en oorsee en in amper alle gewasse. Hy is 'n geregistreerde professionele natuurwetenskaplike en lid van professionele verenigings van grondkunde, grondopnames en gewas-produksie.

Schalk Lubbe
Direkteur
DSC00319

Schalk Lubbe is 'n professionele ingenieur en het meestersgrade in chemiese ingenieurswese en besigheidsadministrasie. In 'n korporatiewe loopbaan van 15 jaar het hy in produksie, materiaalbestuur en projekbestuur gewerk en was daarna vir ses jaar die besturende direkteur van 'n groot kunsmismaatskappy. Sedert 2005 is hy 'n private entrepreneur.

Isabel Naude
Finansiële direkteur
DSC00334

Na afloop van 'n B.Comm- en honneursgraad in rekeningkunde, het Isabel Naude as 'n geoktrooieerde rekenmeester gekwalifiseer terwyl sy werksaam was by 'n internasionale ouditfirma. Sy het voorheen posisies in finansiële en bestuursrekeningkunde by gelyste maatskappye in die landbou- en telekommunikasiesektore beklee.

Erik de Vries
Bestuurder: Landbou-ontwikkeling
DSC00329

Erik de Vries behaal die Hons BSc(Agric)-graad met hoofvakke in hortologie en agronomie/besproeiing. As student het hy praktiese ondervinding in Nederland en Australië opgedoen. Na afloop van sy studies het hy by 'n privaat vrugte-uitvoermaatskappy gewerk en daarna as 'n landboukundige by 'n kunsmismaatskappy. Hy het landboukundige ondervinding in vrugte, groente en graangewasse en is lid van die Instituut vir Sitrusnavorsing. By NviroCrop is Erik die bestuurder verantwoordelik vir die Wes-Kaap en ander vrugteproduksiegebiede.

Jannie Putter
Landboukundige
DSC00320

Jannie Putter het 'n BSc Hons-graad in plantekologie en grondkunde, en daarna 'n MSc-graad in stedelike ekologie verwerf. Hy het ook formele opleiding in hulpbron-identifisering en -gebruik deurloop, met spesialisering in geologie, grondklassifikasie, veldklassifikasie en hulpbronbeplanning. Vir die grootste gedeelte van sy beroepslewe spesialiseer Jannie in grondklassifikasie. Hy is lid van die Suid-Afrikaanse Grondopnemers Organisasie en die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Gewasproduksie.

Deon van Zyl
Landboukundige
DSC00324

Deon van Zyl het die BSc(Agric)-graad behaal, met agronomie en grondkunde as hoofvakke. Hy is 'n bedrewe grondkundige met meer as vier jaar se praktiese blootstelling aan grondklassifikasie en presisieboerdery tegnologie.

Louis Strydom
Landboukundige
DSC00323

Na afloop van 'n BAgric-graad (met agronomie en grondkunde as hoofvakke), het Louis Strydom vir 'n jaar in die VSA gewerk. Hy het daarna voltyds op sy familieplaas geboer. Sedert hy hom by die landboubedryf as 'n voltydse grondkundige aangesluit het, het hy blootstelling gekry aan verskeie grondtipes en die invloed daarvan op 'n verskeidenheid gewasse. Hy is lid van die Suid-Afrikaanse Grondopnemers Organisasie.

Martin Harris
Landboukundige
DSC00321

Martin Harris het 'n diploma en BTech-graad in landbou. Na afloop van sy voltydse studies het hy ondervinding op 'n plaas in die VSA opgedoen. Hy het ook intensiewe opleiding in grondklassifikasie en presisieboerdery tegnologie ondergaan.


Adri Meistrè
GIS Spesialis
DSC00330

Adri Meistrè het haar B.Sc-Graad in Geografie en Omgewingsbestuur verwerf in 2001 en het haar loopbaan as 'n navorser in 'n saadlaboratorium begin. Sy het ses jaar gelede in die Landbou Geografiese Inligtingstelsels begin spesialiseer en het in die tydperk haar B.Sc Hons-Graad in Geografie voltooi en het ook gevorderde GIS-sagteware opleiding in die VSA deurloop. Sy is 'n lid van die Geo-Inligtingsvereniging van Suid-Afrika (GISSA).

Mariska Combrink
GIS Spesialis
DSC00112

Mariska Combrink het in geo-inligtingstelsels gespesialiseer tydens haar BSc- en BSc Hons-grade in Geografie en Omgewingsbestuur. Sy het jarelange ondervinding in die toepassing van GIS-stelsels, spesifiek in die gebied van die landbou. Sy is tans 'n raadslid van die Gauteng-tak van die Geo-Inligtingsvereniging van Suid-Afrika (GISSA).

Charmaine Wilson
GIS Beampte
DSC00332

Charmaine Wilson het vir 'n jaar in Nederland gewerk voordat sy by 'n groot landbou-laboratorium in Suid-Afrika aangesluit het as chemiese analis. Sy het sedertdien ondervinding opgedoen in kliënte-skakelwerk en GIS-prosessering. Sy is tans besig met 'n GIS-diploma en is 'n lid van die Geo-Inligtingsvereniging van Suid-Afrika (GISSA).